Elektromagnetiese spektrum

'n Elektromagnetiese spektrum is die reeks frekwensies (die spektrum) van elektromagnetiese straling en hul onderskeie golflengtes en foton-energieë.

Die frekwensies waarteen elektromagnetiese golwe voortplant vorm 'n aaneenlopende spektrum. Hierdie spektrum wissel vanaf lae frekwensies, soos in die geval van laefrekwensie (LF) wisselstroom, tot by kosmiese straling. Daar is in beginsel geen verskillende tipes elektromagnetiese radiasie nie en die verdeling daarvan in verskillende frekwensie bande is as gevolg van geskiedkundige faktore, fisiologiese faktore (bv. sigbare lig), opwekkingsmetodes en spesifieke eienskappe van die straling wat bestudeer is.

Die elektromagnetiese spektrum word hieronder aangegee:

Gebied Frekwensies Golflengte
Radiogolwe 30 x - 3 x Hz km mm
Infrarooi 3 x - 4.1 x Hz mm nm
Sigbare spektrum 4.1 x - 7.5 x Hz nm nm
Ultraviolet 7.5 x - Hz nm nm
X-strale > Hz < nm
Gammastrale > Hz < pm

Radiofrekwensies (RF) word konvensioneel verdeel in bande van tientalle van frekwensie of golflengte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search